Ander Informasie
Spyskaart week 1
Spyskaart week 2
Kontak ons vir meer inligting
Sekuriteit
Blink Ogies is geregistreer by Fidelity ADT. Hul dienste bied aan private hospitaal diens, ambulaans en brandweer dienste. Blink Ogies se perseel het ‘n sekuriteits wag vir die vroeë oggende en laat middae vir mamma en pappa om kleuters se veiligheid te verseker. Alle ouers teken ‘n vrywaarings vorm van eie risko.

Ander Informasie
Veiligheid, gehalte en sorg is ons prioriteit!
Ons voldoen ten volle aan die Beroepsgesondheids- en Veiligheidswet en alle toepaslike regulasies om ‘n veilige en stimulerende omgewing vir ons kinders en personeel te verseker.
Ons onderwysers beskik oor ‘n NQF-vlak 4 of 5 kwalifikasie, tesame met waardevolle ondervinding in die onderwys. Ons trotse skoolhoof, Rene de Villiers, het ‘n NQF-vlak 5 kwalifikasie, eerstehulp-sertifisering en meer as 15 jaar ondervinding in die onderwys – maar die belangrikste van alles, ‘n groot hart vir kinders!
Ons ondersteun ook die volgende generasie opvoeders en bied ‘n wonderlike geleentheid vir studente om praktiese ondervinding op te doen terwyl hulle hul kwalifikasies voltooi. Elke onderwyser het ‘n ervare assistent om te verseker dat elke klassie die nodige aandag en sorg ontvang.

Naskool: Meer as net ‘n oppasdiens!
Ons naskoolprogram is ontwerp om kinders ‘n gestruktureerde en ondersteunende omgewing te bied in die middae. Toegewyde onderwysers hou toesig en help kinders met huiswerk en leerwerk, sodat ouers met gemoedsrus kan weet hul kinders is in goeie hande.
Vervoer en Wagklas
- Assistente haal leerders op by Wierdapark Laerskool se Graad R-kampus en bring hulle veilig na Blink Ogies se naskool.
- Ons jonger kinders wag in ‘n spesiale wagklas totdat hul ouer boeties of sussies ook uitkom, waarna almal saam na die naskool beweeg.
- Leerders wat nie by Wierdapark Laerskool ingeskryf is nie, moet hul eie vervoer reël na Blink Ogies se naskool.
By Blink Ogies streef ons daarna om ‘n veilige, leer-gerigte en liefdevolle omgewing vir elke kind te skep!