Welkom by Blink Ogies

Waar klein ogies groot drome sien!

Word deel van Blink Ogies

Waar ons groot drome koester in klein hartjies!

Blink Ogies kreatiewe span

Hier by Blink Ogies is ons passievol oor gehalte onderrig en die ontwikkeling van elke klein denker! Ons spog met onderwysers wat ‘n NQF-vlak 4 of 5 kwalifikasie het, tesame met waardevolle ondervinding in die onderwys veld.

Elke klas word verder ondersteun deur bekwame assistente met ondervinding, wat help om ‘n positiewe en stimulerende leeromgewing vir ons kinders te skep. By Blink Ogies verseker ons dat elke kind die beste moontlike sorg en aandag ontvang!

Ons glo ook daarin om die volgende generasie opvoeders te ondersteun! Daarom bied ons ‘n fantastiese geleentheid vir studente wat besig is met hul onderwys kwalifikasies om by ons te werk en hul praktiese opleiding te voltooi

By Blink Ogies streef ons daarna om ‘n veilige, leer-gerigte en liefdevolle omgewing vir elke kind te skep!.

Ons Kleuterskool

Ons terrein is spesiaal ingerig om kinders se ontwikkeling, avontuur en kreatiwiteit te bevorder! Ons trotseer die buitelug met opvoedkundige klimrame, sandputte vir eindelose speelpret en trampoliens waar klein energiebondels hul harte kan uitspring.
Ons is trots op ons leerders se talent en gee hulle ‘n kans om hul kreatiwiteit en selfvertroue te wys.
By ons is leer en pret onlosmaaklik verbind – elke dag is ‘n nuwe avontuur!

Naskool

Meer as net ‘n oppasdiens!
Ons naskoolprogram is ontwerp om kinders ‘n gestruktureerde en ondersteunende omgewing te bied in die middae. Toegewyde onderwysers hou toesig en help kinders met huiswerk en leerwerk, sodat ouers met gemoedsrus kan weet hul kinders is in goeie hande.

Volg ons op die volgende platforms:

Instagram Facebook

By Blink Ogies leer ons deur speel!

Ons terrein is spesiaal ingerig om kinders se ontwikkeling, avontuur en kreatiwiteit te bevorder! Ons trotseer die buitelug met opvoedkundige klimrame, sandputte vir eindelose speelpret en trampoliens waar klein energiebondels hul harte kan uitspring.

Ons baba-klas het ‘n privaat speelarea, apart van die ouer kleuters, sodat hulle in ‘n veilige en stimulerende omgewing kan ontwikkel.

Spesiale herinneringe!

Ons kalender is propvol lekker spesiale dae, want by Blink Ogies is elke dag ‘n rede om te vier! Kinders en ouers kan uitsien na:
Ouma en Oupa Dag – ‘n liefdevolle kuierdag saam met grootouers.
🏃‍♂️ Atletiekdag – waar ons klein sportsterre hul vaardighede wys.
🧺 Piekniekdag saam met Mamma of Pappa – vir kosbare gesinstyd.
🚶‍♀️ Instappies – waar ons kinders die wêreld om hulle ontdek!

Skitter op die verhoog!

Ons is trots op ons leerders se talent en gee hulle ‘n kans om hul kreatiwiteit en selfvertroue te wys by ons jaarlikse skoolkonsert of pret-dag! Of dit nou ‘n optrede, speletjies of ‘n dag vol lag is – daar’s altyd ‘n bietjie ekstra Blink by Blink Ogies!

By ons is leer en pret onlosmaaklik verbind – elke dag is ‘n nuwe avontuur!

Eksklusiewe Blink Ogies-uitrusting!

Elke kleuter en naskoolleerder ontvang hul eie Blink Ogies-hempie, persoonlik gemerk met hul naam, en ‘n herbruikbare waterbottel – perfek vir ‘n dag vol avontuur!

Gereelde Vrae

Skoolfonds 2025
Registrasie fooi R1300
Voldag Halfdag
Babas 3 maande – 2 jr R4000 R3350
Kleuters 3jr – 5jr R3800 R3150
Naskool R1850
Wat sluit die skoolfonds in?

vir die KLEUTERSKOOL kind:

  • Ontbyt
  • Happie tyd x 2 keer ‘n dag
  • Middag ete (gekookte etes)
  • Skryfbehoeftes
  • Playball

vir die NASKOOL kind:

  • Middagete (gekookte ete)
  • Happie tyd
  • Daar word gehelp met huiswerk, toesprake en studie materiaal

Naskool fondse sluit ook vakansie skool in. Ons sluit dus Desember vakansie sowel vakansie dae en publieke vakansie dae.

Wat moet ek as ouer saam stuur?

Vir my Babas van 3 maande – 2 jaar oud:

  • Eie beddegoed en kussing vir baba se kot
  • Gesteriliseerde Bottels
  • Sippy Cup
  • Formule / Borsmelk
  • Wipes
  • Doeke
  • Rys pap of enige kos wat mamma verkies bo skool kossies
  • Stel klere in skool tas
  • Kombersie
  • Sonhoed
  • Sonskerm
    (Beddegoed word Vrydae huis toe gestuur om gewas te word!)

Vir my 3-5 jarige:

  • Water bottel
  • Skoon stel klere en eksta panties/onderbroeke vir “pottie training”
  • Sonhoed
  • Sonskerm
  • Wipes & boks tissues

My Naskool kind:

  • Skryfbehoeftes
  • Papierblok vir oefen en notas
  • Lees boek Afrikaans of Engels
  • Inkleurboek

Kleuter en Naskool se trarriewe bly dieselfde tydens vakansie. Daar is geen ekstra kostes en daar word ‘n vakansie program aangebied.
“Heeltyd speeltyd!”