Wie is Blink Ogies
Blink Ogies is die hartskind van Hanri Hanekom en Wanya Downing, twee passievolle mammas wat self elkeen twee dogters het. As ouers het ons eerstehands gesien hoe belangrik ‘n veilige, stimulerende en liefdevolle omgewing vir jong kinders is. Dit het ons geïnspireer om ‘n top gehalte Afrikaanse kleuterskool en naskool in die gemeenskap te vestig – en so is Blink Ogies gebore!
Ons is gerieflik geleë op die hoek van Chris Hougart en Ockert Straat (nr. 197) in Wierdapark, Centurion – direk oorkant die Graad R-kampus van Laerskool Wierdapark en naby Kiddies Aqua Swimming Academy. Hierdie sentrale ligging maak dit vir ouers maklik en gerieflik om hul kinders veilig af en op te laai.



Ons Missie en Visie
By Blink Ogies is ons passie om elke kind se unieke potensiaal te ontgin en hul ‘n stewige grondslag vir hul toekoms te gee. Ons voorsien professionele onderrig en opvoeding aan babas vanaf 3 maande oud tot en met Graad RR (5 jaar) in ‘n warm en stimulerende omgewing waar leer deur speel plaasvind.
Vir ons naskool kinders bied ons:
- ‘n Veilige hawe waar kinders ná skool kan ontspan en groei.
- Hulp met huiswerk, take en toesprake – sodat ouers gerus kan wees dat hul kinders die nodige ondersteuning kry.
- ‘n Struktuur waar kinders se akademiese en sosiale ontwikkeling ondersteun word, terwyl hul steeds kind kan wees.


Ons droom vir Blink Ogies!
Is eenvoudig: ‘n plek waar kinders met blink ogies leer, speel en floreer! Ons weet dat moderne ouers se lewens dol en besig is, daarom bied ons ‘n geruste gemoedsrus deur ‘n veilige, liefdevolle en professionele omgewing vir hul kinders te skep.