Ons kreatiewe span
Welkom by ons kleuterskool! Ons is ’n kreatiewe span professionele persone wat ’n passie het vir klein hartjies en groot drome. Ons glo dat elke kind uniek is en help hulle graag om in kreatiwiteit en krag te groei. Met liefde, versorg en deur leerervarings bou ons ’n sterk fondament vir hul toekoms.
Kom ontmoet ons span en sien self hoe ons elke dag kinders inspireer om met selfvertroue, blink ogies en vreugde die wêreld verken!

René De Villiers
Skoolhoof
Ek is ’n gekwalifiseerde onderwyser in vroeë kinderontwikkeling en het al 15 jaar ervaring in die bedryf. My passie is om kinders te help om hul volle potensiaal te bereik in hierdie belangrike vormingsjare. Ek is ’n mamma van ’n seun, en ek geniet dit om tyd saam met familie en vriende deur te bring. Lees is een van my gunsteling-tydverdrywe!
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee”

Hanri Hanekom
Stigter
Een van die medestigters van Blink Ogies. Ek is ’n gekwalifiseerde interieurontwerper, akrobaat en dans onderwyseres met ’n groot liefde vir die gasvryheidsbedryf. Ek geniet dit om met mense en kinders te werk en is ook ’n trotse mamma van twee dogtertjies. My gunsteling kleur is wit en lig pers, en my lewensmotto is:
“Always be the best you can be and never loose faith”

Wanya Downing
Stigter
Een van die medestigters van Blink Ogies. Ek is ’n gekwalifiseerde dansonderwyser, geaffilieer by SABOD en A-Arts, en gee al 25 jaar klas in modern en hip-hop vir kinders. Ek het ook ’n groot liefde vir akrobaat en ballet. Ek is ’n mamma van twee dogters, mal oor draf en geniet sout happies. My gunstelingkleure is wit en blou!
“Work hard in silence let success be your noise”
