Buitemuurs Aktiwiteite
Klasse is eers beskikbaar vanaf 1 Mei 2025. Indien u sou belangstel, kontak ons ontvangs vir meer inligting, u naam sal dan geplaas word op die waglys vir klas besprekings.
Hier volg ons aktiwiteite vir ons opgewonde mensies.

Kiddies Aqua
Vir ons kleuters vanaf 2 jaar en op. Indien kleuters vanaf 3maande tot 2 jaar swem klassies wil doen, moet mamma en pappa betrokke wees. Ons assistente neem die kleuters na Kiddies Aqua se lokasie. Elke klassies is om en by 20 minute.
Playball
Playball kom besoek ons in die week waar daar verskeie ouderdom klassies aangebied word. Playball is ingereken in ons skoolfooie vir babas vanaf 3 maande oud tot en met peuters van 5 jaar oud.
Cheerleading
Chanic School of Dance bied ons klassies aan vir ons 3 jariges tot naskool kinders, die klassies word hier by Blink Ogies gehou.
Ballet
Word gegee vanaf die ouderdom 3 jaar tot naskool, ballet klassies word aangebied hier by Blink Ogies. Ons Ballet onderwyser is geaffilieer by DASA & A-Arts.
Musiek
Professionele, individuele musiek opleiding word vanaf die ouderdom van 4 jaar en op, deur Denise van Dyk, in Blokfluit, Klavier, en Dwarsfluit aangebied. Denise van Dyk het ‘n B-Mus graad by die Universiteit van Pretoria verwerf en volg die syllabus van UNISA & Trinity.